VRAE

Vir mondelinge beantwoording:

Gestremde persone in diens van
Provinsiale Administrasie

*1.	Me M G Vantura vra die Premier:

(1) Hoeveel gestremde persone tans in die Provinsiale Administrasie: Wes-Kaap werksaam is, in die lig van die Witskrif op 'n Gentegreerde Nasionale Strategie vir Gestremdes wat deur die Lessenaar vir Gestremdes in die Kantoor van die voormalige Adjunkpresident uitgegee is, en wat 'n beroep gedoen het vir die verteenwoordiging van gestremde persone in nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsdepartemente;

(2) of enige munisipaliteite in die Provinsie lessenaars vir gestremdes gevestig het; so nie, waarom nie; so ja, (a) hoeveel munisipaliteite en (b) hoeveel van di lessenaars funksioneel is; en

	(3)	of enige ontwikkelingsprogramme op provinsiale vlak vir gestremde persone ingestel is?

*Die PREMIER:

1.	(1)	Die Minister vir die Staatsdiens en Administrasie het in Desember 1999 ingevolge artikel 3(3)(e) van die Staatsdienswet, 1994, soos gewysig, die volgende definisie van gestremdheid uitgereik om te help met die behoorlike monitering van indiensneming en benutting van gestremde persone in die Staatsdiens:

* 'n Persoon met 'n gestremdheid het 'n langtermyn- of permanente gestremdheid of herhalende toestand of gesondheidsprobleem wat redelik geakkommodeer moet word in die werk en vereis dat hindernisse in die werkplek uitgeskakel moet word. Die gestremdheid kan fisies, geestelik, sensories, ten opsigte van leer of van 'n psigiatriese aard wees, en moet medies gesertifiseer wees.

		Syfers oor gestremdheid is tans om die volgende redes nie baie betroubaar nie:

* In die verlede was Persal nie spesiaal ontwerp om die definisie van gestremdheid (wat eers in Desember 1999 uitgereik is) te akkommodeer nie. Die Departement vir Staatsbesteding, wat vir Persal verantwoordelik is, is egter versoek om 'n spesiale veld op die Persal-stelsel te skep om die definisie en maklike toegang te akkommodeer.

* Persone is nie altyd bereid om te erken/aan te dui dat hulle gestrem is nie.

* Daar was in nasionale koerante 'n botsende siening oor die definisie van gestremdheid, wat dit tot dusver uiters moeilik gemaak het om die klassifikasie van die aangewese groep af te handel.

* Volgens data wat van die Departement van Staatsbesteding ontvang is, het die Administrasie 203 werknemers met gestremdhede in diens.

(2) Ja.

(a) Een (1)

(b) Die Stad Tygerberg het in hulle boekjaar wat op 1 Julie 2000 begin het, voorsiening gemaak vir die daarstelling van 'n plaaslike gestremdheidslessenaar. Die Wes-Kaapse Gestremdheidslessenaar oorweeg tans die befondsing van 'n projekvoorstel wat in Augustus 2000 deur hulle voorgel is.

(3) Provinsiale ontwikkeling ten opsigte van ongeskiktheid met betrekking tot die sleutelfokusgebiede van die lessenaar is soos volg:

* Promosiemateriaal vir gedenkdae is ontwikkel en word steeds ontwikkel vir die viering van hierdie jaar se Internasionale Dag vir Gestremdes.

* Kapasiteitsbou van persone met gestremdhede op plaaslike vlak het aandag ontvang in die vorm van borgskappe aan gestremdes wat hulself by nasionale en internasionale konferensies verteenwoordig.

* Vier kapasiteitsbouprogramme is aan departementele verteenwoordigers toegeken nadat die Gentegreerde Nasionale Gestremdheidstrategie begryp is ten einde dit binne 'n logiese raamwerkontleding te implementeer. Dit is onderneem in vennootskap met die Kantoor insake die Status van Gestremde Persone in die Kantoor van die President.

* 'n Werkskonferensie oor die transformasie van beskermende werkswinkels is saam met die Departement van Maatskaplike Dienste aangebied. Die Gestremdheidslessenaar is tans deel van die werkgroep vir die formulering van 'n werkhandleiding vir beskermde werkswinkels.

* Gebaretaal-tolkdienste is verskaf en betaal by verskeie geleenthede wat deur die Lessenaar gerel is, asook by die opening van die Parlement in 2000. 

* Verskeie besoeke aan die verskillende streke oor die Gentegreerde Provinsiale Gestremdheidstrategie het in vennootskap met die Departement van Maatskaplike Dienste plaasgevind.

* 'n Struktuur vir 'n webblad is in samewerking met die Kantoor van die Premier en ander Lessenaars daargestel.

Mnr C M DUGMORE: [Onhoorbaar.]

Die PREMIER: As die agb lid mnr Dugmore graag 'n vraag wil stel, moet hy die Speaker vra of hy dit mag doen. Ek is egter besig om te antwoord op die vraag wat deur die agb lid me Vantura gestel is. As die agb lid mnr Dugmore enige respek vir sy eie lede het, sal hy luister en dan daarna 'n vraag stel.

Mnr die Speaker, die antwoord gaan soos volg voort:

* Verskeie werkdokumente ten opsigte van beleidsformulering word tans ontwikkel.

* Die daarstelling van formele gekordineerde provinsiale strukture word met belanghebbendes bespreek.

* Die eerste tweejaarlikse uitstalling en konferensie oor hulptoestelle, mobiliteit, rehabilitasie en inligtingstegnologie is tans in die tenderproses.

* Die ontwikkeling van 'n bestepraktyk-model vir die monitering, evaluering en verslagdoening van die Gentegreerde Provinsiale Gestremdheidstrategie is tans in die tenderproses.

* Die tweede Internasionale Dag vir Gestremdes sedert die daarstelling van die Gestremdheidslessenaar word tans georganiseer. 'n Kalender van gebeure is op versoek beskikbaar.

ONTWIKKELINGSPROGRAMME OP
DEPARTEMENTELE LYNFUNKSIEVLAK

Talle transformasie- en/of ontwikkelingsinisiatiewe word tans deur verskillende lynfunksiedepartemente onderneem, waarvan sommige verband hou met optrede soos vervat in die konsep- Provinsiale Gestremdheidstrategie.

Hierdie transformasie-/ontwikkelingsinisiatiewe dek 'n wye verskeidenheid gebiede op verskillende stadiums en konsentreer op verskillende aspekte, van konseptualisering, beleidsformulering, programbeplanning en -ontwikkeling tot programimplementering. Sommige van hierdie gebiede is soos volg:

* Gesondheid - hulptoestelle, rehabilitasie en gemeenskapsgebaseerde sorg

* Opvoeding - inklusiewe opvoeding

* Vervoer - toeganklike vervoer

* Werke - strukturele toegang

* Ekonomiese sake - entrepreneursprogramme vir die jeug, wat persone met gestremdhede insluit

* Maatskaplike dienste - transformasie van die beskermde werkswinkelbedryf

* Plaaslike regering - insluiting van plaaslike regering by die Gentegreerde Provinsiale Gestremdheidstrategie se prosesse

Aangesien 'n volledige provinsiale oudit van huidige dienste en hulpbrontoewysings eers gedurende die nuwe boekjaar deur die Gestremdheidslessenaar onderneem sal word, is dit nie moontlik om 'n volledige weergawe daarvan en die impak van al die spesifieke programme binne die verwante gebiede te gee nie.

Inter-Ministerile Komitee oor Vigs
en Provinsiale Vigsraad

*2.	Mnr P M Jacobs vra die Minister van Gesondheid:

(1) Of die Inter-Ministerile Komitee oor Vigs steeds funksioneer; so nie, waarom nie; so ja, wat die besonderhede van sy program is;

(2) of die Provinsiale Vigsraad gevestig is; so nie, (a) waarom nie en (b) wanneer dit gevestig sal word; so ja, wat die besonderhede van sy program is?

*Die MINISTER VAN GESONDHEID:

2.	(1)	Die Inter-Ministerile Komitee bestaan steeds onder voorsitterskap van die agb Minister van Maatskaplike Dienste. Sedert die komitee op 1 Desember 1998 gestig is het hy 5 keer byeengekom - 'n gemiddeld van twee maal per jaar. Die kordinering van die Vigsprogram het gedurende die tydperk geressorteer onder die Departement se Provinsiale Vigsbestuurspan wat twee maal 'n maand vergader en dit het gelei tot 'n wesenlike verbetering in die bestuur van die Vigsprogram. Soos ek reeds aangekondig het is my mening, in ooreenstemming met die ander provinsies, dat die Inter-Ministerile Komitee oor Vigs moet wegval ten gunste van 'n provinsiale Vigsraad. Dit is egter 'n Kabinetsbesluit.

 (2)	(a) en (b)	'n Voorlegging is by die Kabinet vir die skepping van 'n provinsiale Vigsraad in die Provinsie. Ons verwag dat die voorlegging op 1 November 2000 voor die Kabinet sal dien. Die kabinetsvoorlegging bevat 'n wye reeks van regerings en burgerlike samelewing rolspelers. Ek hoop dat die Provinsiale Vigsraad 'n verenigende forum sal wees waar ons almal gesamentlik die Vigs-epidemie kan takel. Organisasies en individue sal uitgenooi word om verteenwoordigers of individue tot die raad te nomineer.

Herstrukturering van Hoofdirektoraat:
Besigheidsbevordering en Toerisme

*3.	Mnr G R Strachan vra die Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme:

Of enige konsultante aangestel is om hom oor die herstrukturering van die Hoofdirektoraat: Besigheidsbevordering en Toerisme te adviseer; so ja, (a) op watter voorwaardes en (b) wat die doelwitte was?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME:

3.	Nee.

(a) Nie van toepassing nie.

(b)	Nie van toepassing nie.

Wes-Kaapse Toerismeraad:
betrokkenheid by toerismeberaad

*4.	Mnr R Williams vra die Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme:

	Of die Wes-Kaapse Toerismeraad enigsins, behalwe as 'n deelnemer, betrokke was by die toerismeberaad wat op 26 September 2000 by die Spier-konferensiesentrum naby Stellenbosch gehou is?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: 

4.	Ek is deur die Wes-Kaapse Toerismeraad geadviseer dat die hulle geensins betrokke was by die inisiring, finansiering, relings, uitnodiging van sprekers, bemarking of enige ander aspek van die toerismeberaad gehou by Spier op 26 September 2000 en georganiseer deur Omega Conferences. Ek is ook geadviseer dat tesame met Kaapse Metropolitaanse Toerisme en Kaapstad Toerisme, was die Wes-Kaapse Toerismeraad genader deur die organiseerders om by die beraad te praat en om hul logos ten toon te stel op die program.

*Mnr R WILLIAMS: Mnr die Speaker, in die lig van die antwoord deur die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme, hoe verduidelik hy die feit dat die reklamemateriaal wat deur Omega se konferensie- en slypskool organiseerders uitgereik word, dit heeltemal duidelik stel dat hierdie konferensie of slypskool in samewerking met die Wes-Kaapse Toerismeraad georganiseer is? Die woorde "georganiseer in samewerking" hou duidelik die konnotasie in dat die Wes-Kaapse Toerismeraad 'n integrale deel van die organisasie van hierdie konferensie was.

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, die agb lid mnr R Williams kan nie daardie vraag aan my rig nie; hy moet dit aan Omega Conferences rig, want hulle het die materiaal gedruk. Soos ek in my antwoord aan hom ges het, die Wes-Kaapse Toerismeraad, wat Kaapstad Toerisme en Kaapse Metropolitaanse Toerisme ingesluit het, het hoegenaamd niks met die organisasie te doen gehad nie. Al die embleme moes op die reklamemateriaal verskyn, en dit was die prerogatief van die Wes-Kaapse Toerismeraad, maar hulle het niks met die organisasie te doen gehad nie, en ek word dienooreenkomstig ingelig.

*Mnr R WILLIAMS: Mnr die Speaker, sou die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme dan toegee dat die reklamemateriaal van Omega die publiek van die Wes-Kaap mislei het deur duidelik te meld dat die slypskool in samewerking met die Wes-Kaapse Toerismeraad organiseer is?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, ek aanvaar nie dat die woorde was soos die vraesteller dit gestel het nie. Daar is duidelik ges dat dit saam met hulle georganiseer is. Ek het die dokumentasie gesien en ek is tevrede daarmee. Mense kon miskien verwar gewees het ten opsigte van ...

'n AGB LID: "Mislei" is die woord, nie "verwar" nie.

Die MINISTER: Gaan daardie agb lid luister, of wil hy praat?

Mnr die Speaker, mense kon dalk verwar gewees het omdat die embleme op die materiaal verskyn het. Dit is waarop party lede van die publiek gedink het dat die Wes-Kaapse Toerismeraad betrokke was. Die bewoording was dat dit nie deur hulle georganiseer is nie. Ek dink dat die vraesteller die verkeerde woorde gebruik het en die verkeerde woorde uit die program aangehaal het.

*Me T ESSOP: Mnr die Speaker, sal die agb Minister van Finansies, Besigheidsbevordering en Toerisme bereid wees om Omega te veroordeel omdat hulle die publiek op so 'n wyse verwar het?

*Die MINISTER VAN FINANSIES, BESIGHEIDSBEVORDERING EN TOERISME: Mnr die Speaker, die woord "veroordeling" is een van wat ek in ander opsigte sou gebruik, moontlik met betrekking tot ander aangeleenthede wat in die Huis opduik. Ek sal egter hoegenaamd niemand veroordeel nie. Ek dink enige konferensie wat in die belang van toerisme georganiseer word, is iets goeds. Ek bevraagteken ...

*Mnr C M DUGMORE: En daar is geen swart liggaam nie, geen swart sprekers nie.

*Die MINISTER: Ek is bly dat die agb lid dit opgehaal het. Ek glo dat konferensies verteenwoordigend moet wees, en sover konferensies nie verteenwoordigend is nie en alle lede van die publiek uit alle gebiede wat by toerisme betrokke is nie daar is nie, sal ek dit sekerlik veroordeel. As dit die vraag is, is die antwoord waarna die agb lid soek dan dat ek dit sekerlik sal veroordeel. Wat betref mense wat toerismekonferensies rel, dink ek egter hoe meer siele, hoe meer vreugde.

Darling: stadsklerk herindiensgeneem as stadsekretaris

*5.	Mnr R Williams vra die Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning:

Of die Munisipaliteit van Darling die voormalige stadsklerk herindiensgeneem het; so ja, (a) in watter pos hy aangestel is en (b) of die pos voorheen bestaan het voordat die voormalige stadsklerk daarin aangestel is?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, die antwoord op die vraag is:

5. Ja.

(a) Die Munisipaliteit van Darling het die voormalige stadsklerk herindiensgeneem as stadsekretaris.

(b) Aangesien di pos nie bestaan het nie, verval hierdie vraag.

Mnr R WILLIAMS: Mnr die Speaker, ek wil van die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning weet of hy tevrede is met die handelinge van die Munisipaliteit van Darling, gegewe die aanstelling van die gewese stadsklerk, nadat hy 'n pakket geneem het, in 'n pos wat nie voorheen bestaan het nie, die grootte van die munisipaliteit en die transformasieproses wat uiteraard botallige poste gaan meebring en wat beteken dat die munisipaliteit moontlik 'n verdere groot som geld sal moet uitbetaal aan die gewese stadsklerk wat nou as stadsekretaris aangestel is.

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, die stadsklerk het nie by sy uittrede 'n pakket ontvang nie. PriceWaterhouseCoopers het 'n studie gedoen en aanbeveel dat 'n addisionele pos onder di van stadsklerk nodig is. Die pos is dienooreenkomstig gevul deur die persoon wat as stadsklerk uitgetree het en op kontrakbasis aangestel is.

Korrektiewe Dienste: gevangenes onlangs vrygelaat

*6.	Mnr D Silke vra die Minister van Gemeenskapsveiligheid:

(1) Hoeveel gevangenes in die Provinsie vrygelaat is ingevolge die onlangse vrylating deur die Departement van Korrektiewe Dienste;

(2) of enige van di gevangenes weer in hegtenis geneem is vir misdade wat hulle sedert hul vrylating gepleeg het;

(3) of die Departement van Korrektiewe Dienste al di gevangenes wat ernstige misdade gepleeg het, weer in hegtenis geneem het en wat verkeerdelik in die Provinsie vrygelaat is; en

(4) of hy 'n verklaring oor die aangeleentheid sal doen?

*Die MINISTER VAN GEMEENSKAPSVEILIGHEID:

6.	Die antwoord op afdelings (1) en (3) van die vraag is dat die Provinsie nie oor die inligting beskik nie. Korrektiewe toesig is 'n nasionale bevoegdheid en die lid mnr R Williams sal di vrae aan die nasionale Minister van Korrektiewe Dienste moet rig.

Wat afdeling (2) van die vraag betref, hierdie inligting is deur die SAPD van die Wes-Kaap aangevra. Dit is baie moeilik om dit te kordineer en dit sal by ontvangs aan die lid beskikbaar gestel word.

Afdeling (4) verval.

Gesondheid: agterstand in vervanging
en herstelkoste van mediese toerusting

*7.	Mnr D Silke vra die Minister van Gesondheid:

	Wat die huidige geraamde agterstand in al die hospitale en klinieke van die Departement van Gesondheid is wat betref die vervanging en herstelkoste vir mediese toerusting?

*Die MINISTER VAN GESONDHEID:

7.	Die huidige beraamde bedrag beloop R250 miljoen vir die hele Provinsie.

*Mnr P M JACOBS: Mnr die Speaker, ek wil die agb Minister van Gesondheid graag vra om aan ons 'n uiteensetting van die koste per gesondheidsinrigting te verstrek.

*Die MINISTER VAN GESONDHEID: Mnr die Speaker, dit sou baie moeilik wees om uit die vuis 'n uiteensetting van die koste per gesondheidsinrigting te verstrek. Dit is 'n raming en dit sluit al die klinieke, daghospitale en hospitale van die Wes-Kaap in. Ek verkeer ongelukkig nie in 'n posisie om 'n uiteensetting te verstrek nie. As ek in die posisie verkeer het om dit te doen, sou dit ons waarskynlik drie ure geneem het om dit te doen.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, ek wil graag 'n opvolgvraag aan die agb Minister van Gesondheid stel. Het die agb Minister spesifiek voorsiening gemaak vir die vermindering van die agterstand in onderhoud en herstelwerk van R250 miljoen?

*Die MINISTER VAN GESONDHEID: Mnr die Speaker, vir die eerste maal in baie, baie jare het ons in die begroting voorsiening gemaak vir voorkeur toewysings van geld, spesifiek om daardie rede. Dus, ja, ons het dit reeds met ongeveer R50 miljoen verminder.

Matriekslaagsyfer: bedrog met rapporte
en afwesigheid van leerders

*8.	Mnr A R Winde vra die Minister van Onderwys:

	Hoe bedrog met rapporte en afwesigheid van leerders die matriekslaagsyfer in die Provinsie sal benvloed?

*Die MINISTER VAN ONDERWYS:

8. Rapportbedrog sal ongetwyfeld 'n baie negatiewe uitwerking h op slaagsyfers aangesien die leerder wat deur middel van 'n vervalste rapport toegang tot 'n sekere graad verkry het, heel waarskynlik swak toegerus sal wees om die kurrikulum op die vlak wat in die hor graad vereis word, te hanteer.

	Ons ondersoeke het op hierdie tydstip betreklik min graad 12-leerders met vervalste rapporte gedentifiseer. In soverre ons data korrek is, kan daar verwag word dat rapportbedrog in 2000 'n minimale uitwerking op Senior Sertifikaat-slaagsyfers sal h. Behalwe, natuurlik, met inagneming daarvan dat indien studente voorheen as gevolg van vervalste verslagkaarte in laer grade opgeneem is, dan sal die uitwerking daarvan heel moontlik nog baie duidelik in die matriekeksamen ervaar word.

Daar bestaan 'n direkte verband tussen skoolafwesigheid en druip. Dit is te verwagte dat slaagsyfers by skole waar Senior Sertifikaat-kandidate gereeld afwesig was, negatief geraak sal word, en ek verwag dat die uitwerking daarvan redelik ernstig sal wees.

Verteenwoordigers van party skole het ons versoek om studente wat vanjaar chronies afwesig was, weer vir die matriekeksamen in te skryf. Ons kan hul inskrywings vanselfsprekend nie tot niet verklaar nie, maar ons verwag wel dat baie van hulle sal druip.

Matriekeksamens: voorbereiding en sekuriteit

*9.	Mnr A R Winde vra die Minister van Onderwys:

	Of die Provinsie voldoende voorbereid is vir die matriekeksamens en sekuriteit wat betref die matriekvraestelle?

*Die MINISTER VAN ONDERWYS:

9. Sekuriteitsmaatrels vir die Senior Sertifikaat-eksamen is in plek. Bykomende sekuriteitstoerusting is te Hoofkantoor genstalleer ten einde 'n nog veiliger omgewing vir die hantering van vraestelle en eksamenskrifte te skep.

	Verder is die monitering van die eksamen verskerp deurdat area- en kringbestuurders, SAFSERT, die nasionale Departement en Hoofkantoor almal individuele moniteringspanne vorm wat tydens eksamendae besoek afl by geselekteerde skole.

	Alle kluisgeriewe by eksamensentrums is ook vooraf deur kringbestuurders gevalueer om te verseker dat dit aan die nodige sekuriteitsvereistes voldoen. In enkele gevalle moes veranderinge aangebring word.

	Die koerierdiens wat die eksamenvraestelle en -skrifte vervoer, is deeglik ondersoek deur amptenare van Hoofkantoor om te verseker dat dit aan die spesifieke voorgeskrewe sekuriteitsmaatrels vir die hantering van vraestelle en skrifte voldoen. Die betrokke koerierdiens is ook deur die SAFSERT moniteerder gevalueer.

Skoolhoofde en toesighouers is opgelei om die risiko by die sentrum waar die eksamens afgel word, tot die minimum te verminder.

	Mnr die Speaker, ek wil graag s dat ek tevrede is met die voorsorgmaatrels wat ingestel is - ek is stap vir stap daardeur geneem - en ek is tevrede met die integriteit van die mense wat hierdie aangeleentheid op elke vlak sal hanteer.

	Ek wil egter wel byvoeg dat dit weens die aard van so 'n enorme onderneming soos die matriekeksamen - wat die grootste enkele jaarlikse oefening is wat deur die Provinsie deurgemaak word - onvermydelik is dat menslike foute in die een of ander tydstip kan insluip.

	Net voordat ek hierheen gekom het, is 'n voorval van 'n menslike fout by my aangemeld. Dit het nie die integriteit of veiligheid van die eksamen geraak nie. Dit is baie vinnig onder beheer gekry, maar ek glo wel dat dit my verantwoordelikheid is om teenoor die Huis daaroor verslag te doen.
	Die voorval het gister by 'n skool in Khayelitsha plaasgevind toe Vraestel I van Engels Tweede Taal geskryf moes word. Die persoon wat die vraestel uitgedeel het, het per abuis Vraestel II aan drie leerders uitgedeel. Dit is onmiddellik agtergekom en die situasie is onder beheer gebring.

	Die besluit deur die mense ter plaatse, in samewerking met Hoofkantoor, was om die volgende te doen: om die leerders in staat te stel om Vraestel I te skryf; na oorlegpleging met hulle, om aan hulle 'n pouse te gee en hulle toe te laat om hulself te verfris nadat hulle Vraestel I voltooi het; om hulle na daardie tydperk toe te laat om terug te gaan en die vraestel te skryf wat hulle gesien het, wat skeppende skryfwerk was; en om hulle toe oornag by die skoolhoof se huis te hou, waartoe hulle ingestem het, om te verseker dat hulle nie in kontak met enige van die ander leerders was nie.

Op daardie wyse is die probleem onmiddellik raakgesien en onder beheer gebring, en die leerders het baie mooi saamgewerk om ons te help om die aangeleentheid te hanteer. Hulle het hul skeppende skryfwerkeksamen gistermiddag afgel en die voorval word beskou as een wat nie 'n uitwerking op eksamenveiligheid gehad het nie, maar ek dink dat dit belangrik was - omdat dit 'n menslike fout was - om daaroor aan die Huis verslag te doen.

Ontwikkelingsbegroting: Dial-a-Ride-projek

*10.	Me M G Vantura vra die Minister van Vervoer, Sport en Ontspanning:

(1) Hoe die ontwikkelingsbegroting van R25 miljoen vir die Dial-a-Ride-loodsprojek vir toeganklike openbare vervoer vir liggaamlik gestremde persone, wat deur die KMR goedgekeur en in 1997 ingestel is, bestee is;

(2) of die Dial-a-Ride-projek steeds funksioneer en in watter gebiede?

Die MINISTER VAN VERVOER, SPORT EN ONTSPANNING: Mnr die Speaker, die antwoord lui soos volg:

10.	(1)	Die Dial-a-Ride-projek is deur die Kaapse Metropolitaanse Raad as 'n Olimpiese demonstrasieprojek begin en nie deur die Departement van Vervoer nie. Die demonstrasieprojek het die voorsiening van spesiaal toegeruste voertuie om openbare vervoer aan geregistreerde passasiers met gestremdhede, wat in die Khayelitsha en Mitchells Plain-gebiede woon, behels. 'n Aanvanklike begroting van R2,3 miljoen was aan die demonstrasieprojek toegeken. Hoewel die projek reeds in 1997 goedgekeur is, het dit eers in Mei 1998 in bedryf gekom.

Die KMR oorweeg dit om die Dial-a-Ride-projek vir gestremde passasiers uit te brei na die hele Kaapse metropolitaanse gebied. 'n Tender is hiervoor opgestel en geadverteer. Tenders is ontvang en gevalueer, maar nog nie deur die KMR toegeken nie. Die tenders wat ontvang is, verval in Desember 2000.

(2)	Die Dial-a-Ride-demonstrasieprojek wat in Mei 1998 begin het, is nog steeds aktief in die Khayelitsha- en Mitchells Plain- gebiede.
Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling: bedrag
aan konsultante bestee vir opstel van regulasies

*11.	Mnr M Ozinsky vra die Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning:

Watter bedrag aan konsultante bestee is vir die opstel van die regulasies ingevolge die Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling (No 7 van 1999)?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: 

11.	Die bedrag wat bestee is, is R320 000. Dit is bestee aan die konsultante vir die opstel van die regulasies ingevolge die Wes-Kaapse Wet op Beplanning en Ontwikkeling, Wet 7 van 1999, en ook vir die opstel van 'n handleiding in di verband.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil graag aan die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning vra, in die lig van die feit dat hierdie regulasies nou oorgeskryf moet word omdat hulle ongrondwetlik is - soos ons destyds aan hom ges het - wat die ekstra onkoste sal wees om die regulasies klaar te maak.

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, op hierdie stadium beraam ons dat dit 'n geringe aanpassing teweeg sal bring en dat dit inhuis gedoen sal word.

*Mnr M OZINSKY: Mnr die Speaker, ek wil die agb Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning graag vra of, indien die proses inhuis afgehandel sal word, dit beteken dat die konsultante wat oorspronklik aangestel en betaal is nie vir daardie proses gebruik sal word nie.

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, in hierdie verband is daar geen besluite geneem nie. Indien 'n besluit daaroor geneem word, sal die normale kanale gevolg word. Op die oomblik is alle aanduidings dat ons personeel sal gebruik om die aanpassing inhuis te doen.

Danskraal, Bellville: afkeur van besluit

*12.	Mnr M Ozinsky vra die Minister van Plaaslike Regering en Ontwikkelingsbeplanning:

Of hy 'n besluit van die Tygerberg Metropolitaanse Plaaslike Raad rakende die plek bekend as Danskraal in Bellville afgekeur het; so ja, wat die redes was?

Die MINISTER VAN PLAASLIKE REGERING EN ONTWIKKELINGSBEPLANNING: Mnr die Speaker, die antwoord lui soos volg:

12.	'n Appl is oor die saak ontvang. Daar word op die kommentaar van die Stad Tygerberg gewag, alvorens die saak deur die Departement van Plaaslike Regering ondersoek sal word. Ek sal daarna in die posisie wees om 'n besluit oor hierdie aangeleentheid te neem.
WKOD: Nasionale MIV/Vigs-week vir Skole

*13.	Dr A E van Zyl vra die Minister van Onderwys:

(1) Hoeveel skole in die Provinsie van noodhulpkissies voorsien is, in die lig van Nasionale MIV/Vigs-week vir Skole wat van 4 tot 10 September 2000 plaasgevind het;

(2) watter persone by die skole vir die voorkomingstrategie verantwoordelik is;

(3) watter bedrag vir di strategie begroot is; en

(4) hoe die algemeen aanvaarde voorsorgmaatrels vir veiligheidsbestuur van ongelukke en beserings by skole gemoniteer sal word wat betref implementering en resultate daarvan?

*Die MINISTER VAN ONDERWYS:

13.	(1)	Kissies is deur die WKOD aan die 21 laerskole verskaf wat deelgeneem het aan die loodsprogramme vir onderrig in MIV/Vigs-lewensvaardighede, asook aan die 19 skoolklinieke wat verantwoordelik is vir die opleiding in die 20% laer- en sekondre skole wat vir 2000 die teiken was.

		Die nasionale beleid oor MIV/Vigs vir leerders, studente en opvoeders bepaal in artikel 7 dat alle skole en inrigtings ideaal gesproke ten minste twee noodhulpkissies beskikbaar behoort te h. In dieselfde dokument word sekere aanbevelings oor die moontlike inhoud van sodanige kissies ook gemaak. Verlede jaar is hierdie beleid aan alle skole in die provinsie gestuur, en daar was 'n baie positiewe reaksie daarop.

		Die MIV/Vigs-begroting, nasionaal sowel as provinsiaal, maak nie voorsiening vir die verskaffing van noodhulpkissies aan skole deur die staat nie. Die WKOD is egter besig om maniere en metodes te ondersoek om binne die MIV/Vigs-begroting alle skole van sodanige kissies te voorsien. Ek dink dit is baie belangrik. Geen skole is egter spesifiek van noodhulpkissies voorsien ten opsigte van die Nasionale Skole MIV/Vigs Week nie; dit is voor dit gedoen.

		Die strategie van die WKOD vir hierdie week was om skole te voorsien van die WKOD se inwerkingstellingsplanne vir MIV/Vigs-lewensvaardighede- en seksualiteit onderrig in die kurrikulum, sowel as idees vir leerder- en gemeenskapsdeelname aan die Nasionale Skole MIV/Vigs Week.

(2) Opvoeders sal verantwoordelik wees vir die implementering van die MIV/Vigs-lewensvaardigheidsprogram as deel van die kurrikulum.

		Skoolhoofde sal verantwoordelik wees om toe te sien dat sulke onderwys plaasvind. Voorsiening is in die skool gemaak vir die vestiging van Gesondheidsadvieskomitees met verteenwoordiging deur skoolhoofde, opvoeders, leerders en lede van die beheerliggaam/ouers. 

(3)	Die nasionale Departement van Onderwys het R2,97 miljoen aan die WKOD toegeken vir die huidige boekjaar. Dit sal in die volgende twee jaar verdubbel - 'n 3-jaar-strategie, gemik op 20% skole in jaar 1, 40% in jaar 2 en 40% in jaar 3.

(4) Die inhoud van die universele voorsorgmaatrels, asook inligting oor die implementering daarvan is aan alle skole voorsien.

Gedurende die opleidingsessies vir die implementering van die WKOD se MIV/Vigs-lewensvaardigheids- en seksualiteitsprogram, sal skole weer eens bewus gemaak word van die monitering van hierdie voorsorgmaatrels.

Beheerliggame moet verantwoordelikheid neem vir die bestuur van veiligheidsmaatrels en word binne die raamwerk van die Wet op Onderwysbeleid in staat gestel om beleid in hierdie verband te ontwikkel en te aanvaar. Gesondheidsadvieskomitees, wat deur Beheerliggame gevestig moet word, behoort ook in hierdie verband leiding te gee. Hierdie strategie vorm ook deel van die WKOD se bestuursplan vir MIV/VIGS.

*Mnr PM JACOBS: Mnr die Speaker, ten eerste wil ek graag aan die agb Minister van Onderwys vra hoeveel opvoeders in lewensvaardighede opgelei is en, ten tweede, is al die opvoeders wat in lewensvaardighede opgelei is, nog in die stelsel? Indien nie, hoeveel het die stelsel verlaat?

*Die MINISTER VAN ONDERWYS: Mnr die Speaker, ek kan nie aan die agb lid mnr Jacobs presiese statistiek verstrek nie, want ek het dit nie by my nie. Dit is waar dat baie opvoeders in die eerste ronde opgelei is om MIV/Vigs-berading as deel van die lewensvaardighede programme in skole aan te bied. Dit is ook waar dat 'n groot klomp van hulle die vrywillige skeidingspakket aanvaar het. Daardie beleid het dus die MIV/Vigs-strategie in ons skole wesenlik ondermyn; dit ly geen twyfel nie.

Tydens die tweede ronde het ons baie opleidingsessies gehad, veral vir die teikenskole in MIV/Vigs-opleiding, as deel van die lewensvaardighede kurrikulum. Ek kan nie presiese statistieke verstrek nie, maar ons is absoluut vasbeslote dat hulle nie dieselfde pad sal volg deur vrywillige skeidingspakkette of uitdiensstelling nie - ons verstaan dat 'n uitdiensstellingspakket volgende jaar beskikbaar sal wees - en ons sal dus seker maak dat die integriteit van die MIV/Vigs-program in stand gehou word.

Debat afgesluit.


VRAE

Aan die Premier sonder kennisgewing:

*Mnr A R WINDE: Mnr die Speaker, in die lig van die onnodige geweld wat die afgelope naweek teen McDonald's, ons mede-Kapenaars en hul kinders gepleeg is na afloop van die Midde-Ooste betoging by die Groenpunt Stadion, watter rol voorsien die agb Premier dat die Provinsiale Regering sal speel in die bewerkstelliging van 'n atmosfeer van godsdienstige verdraagsaamheid en begrip in die provinsie? Is die agb Premier van mening dat hierdie voorval, synde nog 'n aanval op private ondernemings wat aan buitelandse beleggings gekoppel is, enigsins 'n beduidende finansile uitwerking op die provinsie se finansile beleggings lewensvatbaarheid as geheel sal h?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ja, ons is pynlik bewus van die spanning en konflik in die Midde-Ooste en die feit dat dit ook sekere uitwerkings in Suid-Afrika kan h, veral onder ons Joodse en Moslem godsdienstige groepe. Ons betreur dit as voorvalle soos hierdie plaasvind.

Die agb lid mnr Winde het gevra wat ons gedoen het. So vroeg soos verlede week, voor die ANC nog hul optog in die strate van Kaapstad gehad het, ... [Tussenwerpsels.]

*Mnr C M DUGMORE: Dit was nie 'n optog nie.

*Die PREMIER: Toe hulle hul optog gehou het ...

*Mnr C M DUGMORE: Dit was 'n plakkaatbetoging.

*Die PREMIER: ... in die strate van Kaapstad, ... [Tussenwerpsels.]

*Mnr C M DUGMORE: Dit was nie 'n optog nie.[Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, op 'n punt van orde: ... [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde!

*Die PREMIER: Toe hulle hul optog gehad het ... [Tussenwerpsels.] ... in die strate van Kaapstad, ... [Tussenwerpsels.]

Die SPEAKER: Orde! Orde!

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, my punt van order is dat die agb Premier die Huis doelbewus mislei deur te s dat die ANC 'n optog gehad het. Amptelike polisierekords sal aantoon dat dit 'n aansoek was om 'n vreedsame plakkaatbetoging. Die agb Premier is besig om die Huis te mislei.

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Ten eerste is dit nie 'n punt van orde nie, want die agb Premier is daarop geregtig om hierdie situasie te noem wat hy wil. Ten tweede moet die agb lid mnr Dugmore die woorde, "Die agb Premier mislei die Huis doelbewus", terugtrek.

*Mnr C M DUGMORE: Mnr die Speaker, ek sal beslis die woord "doelbewus" terugtrek.

*Die SPEAKER: Orde! Orde! Dit is aanvaarbaar. Die agb Premier mag voortgaan.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, soos ek weer s, ... [Tussenwerpsels.] ... voordat die ANC hul optog in Kaapstad gehou het, ... [Tussenwerpsels.] ... is dit wat gebeur het: ek en die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid het met die uitvoerende liggaam van die Muslim Judicial Council en die Joodse Raad van Afgevaardigdes byeengekom. Op my beurt het ek Aartsbiskop Ndugane versoek om as bemiddelaar tussen hierdie twee liggame op te tree. Dit is wat die Provinsie gedoen het.

Ons glo dat die mense van die provinsie vredeliewende mense is. Ons is baie bekommerd oor wat gebeur het, maar hoewel ons uiting mag gee aan ons kommer, glo ek nie dat ons die strate moet invaar en veroorsaak dat mense emosioneel opgesweep raak nie, soos die ANC onder hierdie omstandighede gedoen het.

Mnr die Speaker, ek kom nou terug na die ander deel van die vraag wat deur die agb lid mnr Winde gestel is. Ek glo dat dit die agb Leier van die Opposisie en sy "cohoots" in die ANC was ... [Tussenwerpsels.] ...

*Mnr C M DUGMORE: Kohorte.

*Die PREMIER: ... - of kohorte - met hul optog wat eintlik die mense opgesweep en die gemoedere laat opvlam het, en wat Saterdag by Groenpunt Stadion gebeur het, het uitgeloop op McDonald's. [Tussenwerpsels.] Mnr die Speaker, dit, glo ek, is die werkwyse van die ANC.

Mnr die Speaker, ek wil graag 'n beroep op die ANC doen. Godsdienstige verdraagsaamheid is nodig, want godsdiens is ook 'n emosionele kwessie. As dit die manier is waarop hulle politiek wil bedryf, deur te probeer om mense se aandag te trek, is dit die verkeerde manier om dit te doen. Die agb Leier van die Opposisie behoort dit te weet.

Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: [Onhoorbaar.]

Die PREMIER: Ek wil h dat die agb Leier van die Opposisie moet luister, ...

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Antwoord die agb lid mnr Winde; hy het die vraag gestel.

*Die PREMIER: ... want hy is ook die een wat daardie dade pleeg. [Tussenwerpsels.]

Mnr die Speaker, ek glo dit was goed dat die Muslim Judicial Council en die Joodse Raad van Afgevaardigdes na vore getree en die optrede veroordeel het wat Saterdag by McDonald's plaasgevind het. [Tussenwerpsels.]

Nog belangriker, mnr die Speaker, hulle het ges dat dit 'n klein groepie ekstremiste is. Ek wil graag aan die agb Leier van die Opposisie s dat hy moet terugdink en sy gewete moet ondersoek. Hy was miskien indirek aandadig aan wat Saterdag by McDonald's gebeur het. [Tussenwerpsels.] Nie net dit nie ... [Tussenwerpsels.] ... maar ek sou die agb Leier van die Opposisie aanraai om 'n bandopname van Cape Talk te kry waar elkeen wat ingebel het, ges het dat wat hulle gedoen het, aanhitsing deur die ANC was. [Tussenwerpsels.] Gaan kry die bande en luister daarna. [Tussenwerpsels.]

Ek dink nie dat die voorval by McDonald's 'n groot invloed op beleggings in die Wes-Kaap gehad het nie. Al hierdie gebeure, veral in die welwillendheidseisoen wat voorl, skrik egter toeriste af. Ons weet dat elke sewe toeriste een werkgeleentheid skep. Dit het dus wel 'n negatiewe uitwerking.

Mnr die Speaker, my beroep op die ANC is, indien hulle s dat hulle deel van nasiebou wil uitmaak, en indien hulle beweer dat hulle ook die provinsie aan die gang wil kry, dat hulle 'n aktiewe, opbouende rol moet vervul en nie die afbrekende rol wat hulle tans vervul nie.

*Die SPEAKER: Orde! Ek sien die amptelike Leier van die Opposisie.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, ek dink dit is die "leier van die amptelike opposisie". [Gelag.] [Tussenwerpsels.] Ons is net 'n groep "cohorts"!

*Mnr G R STRACHAN: In "cahoots"!

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: In "cahoots"!

Namens die "cohorts" hier wil ek graag 'n vraag aan die agb Premier stel en aan hom 'n geleentheid gee om werklik uit te blink! Aangesien die agb Premier en die Provinsiale Regering verskeie Golden Arrow- en Silver Arrow-toekennings van PMR ontvang het vir hul hantering van sake soos dienslewering, hoe regverdig hy hul ontvangs van daardie toekennings teenoor die mense van die provinsie in die lig van die chaos in pensioentoue wat regdeur die jaar voortgeduur het, lang toue by daghospitale, 'n tekort aan medikasie, voortgesette misdaad en stedelike terreur in die provinsie, die feit dat 'n wetsontwerp op mediese afval nog nie eens in die Huis ingedien is nie en verskeie ander aangeleenthede? Hoe laat hy die ontvangs van die Golden Arrow- en Silver Arrow-toekennings klop met die voortgesette afname in dienslewering in hierdie provinsie?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek is verbaas dat die agb Leier van die Opposisie as uitgangspunt vir sy vraag ges het dat hy aan my 'n geleentheid sal bied om uit te blink. Hy lees nie die tydskrifte of koerante nie, of hy luister nie na die radio nie, want ek blink uit! [Tussenwerpsels.] Ek blink uit! Het hy dit nie geweet nie?

Ten tweede, wat ons nou besig is om uit te stryk, is die nalatenis wat in Gesondheid en Maatskaplike Dienste agtergelaat is uit die tydperk toe die agb Leier van die Opposisie daardie pos beklee het. [Tussenwerpsels.] Dit is die nalatenis wat ons nou besig is om uit te stryk. Dit is dus kostelik van hom om daardie vraag aan my te stel.

Die agb Leier van die Opposisie weet ook, omdat hy deel daarvan was in die tyd toe hy 'n lid van hierdie Kabinet was, dat ons omgeskakel het, want met die probleme wat hy met sy ou pensioenstelsel vir ons agtergelaat het, moes ons 'n nuwe een kry, en dit is waarmee ons nou besig is. [Tussenwerpsels.] Ons is nou besig met die nuwe een, maar soos mnr Mandela s, as 'n mens iets nuuts betree, sal daar tandekryprobleme wees. [Tussenwerpsels.] Ek glo dat dit 'n goeie stelsel is en dat dit suksesvol is.

Nou kom hulle en kloof hare, in plaas daarvan om trots te wees op die Provinsie en te s dat hy goed vaar. As hierdie Provinsie 'n PMR-toekenning ontvang, moet ons twee keer so goed soos enige ander provinsie wees, want daar is 42 top ekonome in die Departement van Handel en Nywerheid en hulle gee nie bloot toekennings weg aan 'n nie-ANC provinsie, soos ons is, nie. Ek is baie trots op wat ons besig is om te doen. Ons lewer op so baie gebiede en ek wil nie eens ingaan op wat ons besig is om te lewer nie.

Ek sou graag aan die agb Leier van die Opposisie wou s dat ons besef dat daar probleme is. Toe hy in Gesondheid was, het hy geweet dat ons tekorte gehad het. Hy het geweet dat ons moes besnoei. Dit is deel van die transformasie wat ons deurgaan, en ek verseker hom dat hierdie koalisieregering die wil, die politieke wil, en sy nege beleidsoogmerke het om die mense van hierdie provinsie te dien.

Hoeveel keer moet ek nog aan die ANC s, "In plaas van om so afbrekend te wees, kom en werk saam met ons, as julle werklik s julle is in diens van die mense van hierdie provinsie"?

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, as opvolg vraag, sou die agb Premier kategories aan die Huis kon s en waarborg dat sy Kantoor, die Provinsiale Regering en die Provinsiale Administrasie nie oor die afgelope paar jaar een sent bygedra het tot die uitgewers van PMR nie?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek hoef dit nie kategories te stel nie, want PMR is deel van 'n advertensieveldtog en PMR is onafhanklik. [Tussenwerpsels.] Ek kan die vraag wat hy aan my gestel het, na hom terugverwys sodat hy dan vir mnr Irwin, wat ook PMR-toekennings ontvang het, kan vra wat hy doen.

Ek wil die vraag eerlik beantwoord. Wat hy probeer vra, is, "Het julle betaal om daardie advertensie of die toekennings te ontvang?"

*Mnr C M DUGMORE: Het u?

*Die PREMIER: Nee, ons het nie. [Tussenwerpsels.] Ons het nie. Wat gebeur, is dit: as agb lede weet hoe PMR werk, sal hulle weet dat hulle onafhanklike opnames deur sakelui in al die departement doen en dan publiseer hulle die uitslae. As 'n mens dit egter vir jou mense wil publiseer, moet jy 'n sekere bedrag aan advertensieruimte bestee om dit te doen. [Tussenwerpsels.] Dit is wat elke staatsdepartement doen, met inbegrip van die nasionale Regering.

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Mnr die Speaker, my laaste opvolgvraag is, het die agb Premier die vorm voltooi wat verduidelik hoe om met sy bydrae te wen, en kan hy aan ons s hoeveel die Provinsiale Regering oor die afgelope twee, drie jaar aan PMR gegee het?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek weet nie eens nie. Ek is so 'n groot wenner, waarom sou ek dus 'n vorm invul wat verduidelik hoe om te wen? Ek het dit nie nodig nie. [Tussenwerpsels.] Wat ek s, is ...
*Mnr C M DUGMORE: Hoeveel geld? Hoeveel geld?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, is dit die agb lid wat die vraag stel, of is dit die agb Leier van die Opposisie?

*Die LEIER VAN DIE OPPOSISIE: Ek het gevra hoeveel geld?

*Die PREMIER: Ek wil die agb Leier van die Opposisie antwoord.

*Mnr C M DUGMORE: Hoeveel geld? Dit is al.

*Die PREMIER: Die beeldpoetser moet respek h vir sy leier. As hy respek vir sy leier het, kan hy later 'n vraag aan my stel. [Tussenwerpsels.]

Kom ek s aan die agb Leier van die Opposisie dat ek die antwoord op sy vraag sal kry en die antwoord aan hom sal verstrek. Ons het wel geld bestee. Ek weet nie hoeveel dit is nie, maar ek sal die feite vir hulle verkry en die antwoord aan hulle verstrek.

Mnu M HOZA: Ndifuna ukuqonda apha kwiNkulumbuso ukuba yintoni na umsebenzi wale nto kuthiwa yi-Poverty Desk? [Ek wil graag by die agb Premier uitvind wat die funksie van die Armoedelessenaar is.]

AMALUNGU: Asiva! [Ons kan nie hoor nie!]

Mnu M HOZA: Ndifuna ukuqonda ukuba le tafile kuthiwa yiTafile ejongene neNdlala, kanye kanye umsebenzi wayo yintoni na? [Ek wil graag uitvind wat die werklike funksie van die Armoedelessenaar is.]

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek is nie seker dat ek reg gehoor het nie. Het hy gevra wat die ...

*Mnr M HOZA: Armoedelessenaar. [Tussenwerpsels.]

*Die PREMIER: As hy oor die Armoedelessenaar praat, is een aspek daarvan armoedeverligting. Die tweede aspek is om strategiese modelle te ontwerp vir die uitwissing van armoede oor die lang termyn. Wat ons in hierdie Provinsie glo, is dat 'n mens armoede moet verlig, maar dit is 'n proses wat in alle departemente moet geskied - dit moet nie net van een lessenaar af gedoen word nie.

Ons glo dat 'n mens mense se trots moet herstel en ten einde hul trots te herstel, moet 'n mens aan hulle 'n hupstootjie kan gee en nie net 'n aalmoes nie. Daar is maatskaplike toelaes en di moet toegeken word, en 'n mens moet kyk na die armstes onder die armes. As ons egter deur onderrig, werkskepping en daardie soort bedrywigheid die lewenstandaard van ons mense kan verhoog, dan is dit wat ons sal doen. Ons Armoedelessenaar sal dit fasiliteer.

*Mnr N M ISAACS: Mnr die Speaker, die Provinsiale Parlement en die Kaapse Metropolitaanse Raad het geld beskikbaar gestel vir die ID-veldtog en die registrasie van kiesers. Ons weet wat die argumente destyds was. Ek wil die agb Premier graag vra wat die sukses van daardie onderneming was en, indien sodanige behoefte weer in die toekoms sou ontstaan, of die Provinsiale Parlement sou huiwer om so 'n veldtog te loods.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek sal eers die laaste gedeelte van die vraag wat deur die agb lid mnr Isaacs gestel is, beantwoord. Ja, as ek die Premier was, sou ek dit weer gedoen het.

Wat het ons gedoen? Ons het ons mense bemagtig sodat hulle 'n s kan h in die regering wat oor hulle sal regeer. Ek dink dit is geld wat goed bestee is. Die Provinsie het in die omgewing van R5 miljoen bestee, en ek verstaan die KMR het omtrent R6 miljoen bestee. In die proses kon 330 000 mense staafgekodeerde identiteitsdokumente bekom en byna 300 000 mense is geregistreer en herregistreer. Dit is omtrent 9% of 10% meer as wat ons in die 1999-verkiesing gehad het.

Mnr die Speaker, nog belangriker, dit was 'n suksesvolle veldtog. Ons het na die plattelandse gebiede gegaan waar mense nie kon uitkom nie, omdat hulle dit nie kon bekostig nie. Die veldtog het die Provinsie ongeveer R35 per kop gekos, maar dit is geld wat goed bestee is. Dit het die mense van die provinsie bemagtig om 'n s te h in die regering van hulle keuse op 5 Desember en selfs daarna.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek wil graag by die agb Premier weet of die voormalige Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning, mnr Mark Wiley, nou vir 'n konsultante firma werk wat 'n kontrak ontvang het om 'n Chrysalis Projek te bedryf wat deur die voormalige Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning genisieer is. Wat is die waarde van die kontrak? Is die tender aan die konsultante firma toegeken terwyl die departement onder beheer van die voormalige Minister was, of is dit toegeken na die vertrek van die Minister?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, ek wil nie raaiskote waag as ek 'n vraag beantwoord nie. Dit is ook 'n vraag wat die agb lid eintlik na die agb Minister van Gemeenskapsveiligheid moes verwys het. Die Chrysalis Projek was aan die gang toe die voormalige Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning nog die pos beklee het. [Tussenwerpsels.]

*Me T ESSOP: Hy het dit genisieer en het befondsing daarvoor verskaf.

*Die PREMIER: Dit was aan die gang. En ek kan ook net aanvaar dat die kontrak aan die fasiliteerders of opleiers - wat hulle ook al genoem word - toegeken moes word in die tydperk toe hy hier was.

Mnr die Speaker, ek weet nie wat die waarde van die kontrak is nie. As ek terugdink, moet die waarde van die Chrysalis Projek oor 'n tydperk van drie jaar van die orde van R7 miljoen tot R15 miljoen wees. Ek sal uitvind en die bedrae aan die agb lid mnr Ramatlakane verstrek.

Wil die agb lid mnr Ramatlakane weet hoeveel die kontrak werd is?

*Mnr L RAMATLAKANE: Werk hy vir die kontrakteur of konsultante?

*Die PREMIER: En of hy daar werk?

*Mnr L RAMATLAKANE: Ja.

*Die PREMIER: Werk hy daar en wat kos dit? Is dit wat die agb lid wil weet?

*Mnr L RAMATLAKANE: Ja. [Tussenwerpsels.]

*Die PREMIER: Ek sal die agb lid daardie inligting laat kry.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, ek wil nog weet of die voormalige Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning inderdaad vir die konsultante firma werk.

Ek wil voorts weet wie die aandeelhouers of lede van die konsultante firma is.

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, toe ek laas met die voormalige Minister van Gemeenskapsveiligheid, Sport en Ontspanning gepraat het, was hy daar betrokke. Ek weet nie of hy betaal is vir die werk wat hy gedoen het nie, maar ek weet dat hy daar betrokke was, en ek kan uitvind. Om daar te "werk" en om daar "betrokke" te wees, is twee verskillende sake. Soos ons hom ken, sou hy heel waarskynlik ... [Tussenwerpsels.]

*Me T ESSOP: [Onhoorbaar.]

*Die PREMIER: Gee my net 'n kans. As Mark Wiley daar betrokke is, en selfs al word hy betaal, doen hy dit nie uit die liefde vir geld nie. [Tussenwerpsels.] Hy het hier 'n pos as Minister beklee, ... [Tussenwerpsels.] ... en ek weet nie wat hy daar betaal word nie, maar ek sal uitvind of hy daar werk.

*Me T ESSOP: U het hom uitgeskop.

*Die PREMIER: Ek het die agb lid me Essop uitgeskop; ek het hom nie uitgeskop nie. [Gelag.] [Tussenwerpsels.] Ek sal uitvind. Ek versoek die agb lid mnr Ramatlakane om 'n guns aan my te bewys en die besonderhede wat hy verlang, skriftelik aan my te gee en ek belowe om binne 'n paar dae na hom terug te kom.

*Mnr L RAMATLAKANE: Mnr die Speaker, dit is my laaste vraag aan die agb Premier hierdie. Ondersteun hy die beginsel dat 'n Minister wat uit 'n pos bedank het dan onmiddellik 'n pos kan aanvaar as 'n werknemer van 'n maatskappy waaraan 'n kontrak toegeken is? Is die agb Premier bereid om 'n openbare verklaring daaroor te doen?

*Die PREMIER: Mnr die Speaker, as die agb lid mnr Ramatlakane 'n vraag soos daardie aan my stel, moet hy die antwoord aanvaar wat ek aan hom gaan gee. Die agb lid het gehoor wat ek voorheen ges het. Ek het ges ek weet nie of hy daar werk en of hy daar betrokke is nie. Sodra ek uitgevind het wat hy daar doen, sal ek met die inligting na die agb lid terugkom. [Tussenwerpsels.]

Dit hang van die omstandighede af. As ek vandag hier sou weggaan en iets anders doen, sou dit afhang van die omstandighede waar ek gewerk het en hoe ek daar beland het. [Tussenwerpsels.] Die insinuasie wat die agb lid mnr Ramatlakane hier probeer maak, is nie billik nie, want hy ken die man waarvan ons praat persoonlik.

Debat afgesluit. 

522	DINSDAG, 17 OKTOBER 2000



	DINSDAG, 17 OKTOBER 2000 	523



504	DINSDAG, 17 OKTOBER 2000


